Waar lê JOU krag? O ja? Jy dink jy het nie krag nie? Kom ons kyk - TopicsExpress



          

Waar lê JOU krag? O ja? Jy dink jy het nie krag nie? Kom ons kyk na ’n paar lesse wat daar in Simson se verhaal is vir jou en my: Net soos Simson is jy met ‘n doel geskep, nog voor jou geboorte. Jy het ‘n taak, dalk baie take; daar kan dalk selfs party wees waarvan jy nog glad nie eens weet nie. Ons almal se krag lê nie in dieselfde plekke nie. Simson se krag was fisies, maar miskien is joune in - Liefde: jy het dalk die vermoë om met liefde ‘n verskil te maak. Dalk moet jy ook plekke infiltreer om liefde daar te gaan saai. - Persoonlikheid: Hetsy jy ‘n sagte mens is, of ‘n sterk persoonlikheid het, dit kan vir jou soos Simson se haarlokke wees. - Leierskap: Dalk lê jou sterkte in jou vermoë om mense te kry om jou te volg, sonder dat jy hulle hoef te vra om dit te doen. - Wysheid, kennis en begrip vir situasies; mensekennis of jou onderskeidingsvermoë kan alles ook die bron wees van jou buitengewone krag wat God kan gebruik om Sy doel te bereik. Jy hét ‘n Simson-haredos – ‘n ingeboude krag. Simson het toegelaat dat sy haredos afgesny word, en sodoende het hy sy krag verloor. Waar verloor jy jou krag? Wat laat jy toe om jou kragteloos te maak? Wie is dit wat jou Simson-haredos afsny, sodat God jou nie meer kan gebruik nie? Simson hét uiteindelik sy taak afgehandel, maar moes daarvoor sterf. Rigters 16:22 – sy hare wat afgeskeer was, het weer begin groei, en hy het die Filistyne oorwin. Jy kan ook wen. Vat jou krag terug – jy IS deur God gekies vir ‘n bepaalde taak en doel.
Posted on: Tue, 24 Sep 2013 05:27:49 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015