Wandel ons waardig? Dierbare kind van God, Vir te lank het ons - TopicsExpress



          

Wandel ons waardig? Dierbare kind van God, Vir te lank het ons met die wêreld hand aan hand geloop, en so is ons van baie van ons geestelike waardes gestroop. Dit is tyd dat ons sal besluit wie ons wil dien sodat mense om ons duidelik kan sien aan wie ons behoort. Mag die Here ons die genade daartoe gee. Groete ~ Oom Jacques. 1 Tessalonisense 10 - 12 ”Julle is getuies, en God, hoe heilig en regverdig en onberispelik ons ons gedra het teenoor julle wat glo, hoe ons, soos julle weet, net soos ‘n vader sy kinders, elkeen van julle vermaan en bemoedig het en betuig het DAT JULLE WAARDIGLIK MOET WANDEL VOOR GOD wat julle tot sy koninkryk en heerlikheid roep. • Ons wandel na die beste van ons vermoë, waardig, maar vir die wêreld daarbuite, bly dit onaardig. Hulle vind dit vreemd, dan raak hulle gemeen. 1 Korintiërs 2:14 ”Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word.” • Hulle sê dan ons hou vir ons heilig, maar juis dit beskerm ons, en is ons veilig. Efesiërs 4:1 ”Ek vermaan julle dan, ek, die gevangene in die Here, om te wandel waardig die roeping waarmee julle geroep is.” • Dit vreet aan hulle gewete, want hulle het God vergete. Hulle sien God se helder Lig in ons ~ Dit laat hulle diep in hulle harte van vrees en sonde oortuiging bons. • Hulle probeer dan ons standaarde verlaag, sodat ons hulle nie met ons oortuigings omtrent Jesus, moet pla. Jesaja 32:6 ”Want ’n dwaas spreek dwaasheid en sy hart bring onheil voort, deur goddeloosheid te bedrywe en dwaling te spreek oor die HERE...” • Ons word genooi na alles vorms van ontspanning en plesier, om iets saam met hulle te vier. So wil hulle hê dat ons saam met hulle aan alles moet deelneem, om ons so van God op ’n subtiele manier, van Hom te vervreem. 1 Johannes 2:15 ”Moenie die wêreld liefhê of die dinge wat in die wêreld is nie. As iemand die wêreld liefhet, dan is die liefde van die Vader nie in hom nie.” • Kind van God: Ons moet hierdie versoekings weerstaan, en laat hulle met hulle voorstelle vlieg na die maan. 2 Korintiërs 6:14 ”Moenie in dieselfde juk trek saam met ongelowiges nie, want watter deelgenootskap het die geregtigheid met die ongeregtigheid, en watter gemeenskap het die lig met die duisternis?” • Ons moet God behaag, en so hierdie toetse slaag. • Laat ons vir hulle ’n voorbeeld stel, en nie te word almal se ”Pêl”, want hulle sal ons wil saamsleep na die hel. Psalms 1:1 ”Welgeluksalig is die man wat nie wandel in die raad van die goddelose en nie staan op die weg van die sondaars en nie sit in die kring van die spotters nie.” • Voor hulle afgode sal ons uiteindelik buig, en hulle sal daaroor juig. Skielik sal ons word populêr, maar van die Here verwyder, vêr! • Kom ons wees soos Sadrag, Mesag en Abednégo, deur nie voor die god van hierdie wêreld te buig ~ maar om vanuit die vuuroond teen hulle te getuig. Daniël 17 - 18 ”As onse God wat ons dien, in staat is om ons te verlos, dan sal Hy ons uit die brandende vuuroond en uit u hand, o koning, verlos; maar so nie, laat dit u dan bekend wees, o koning, dat ons u gode nie sal dien nie en die goue beeld wat u opgerig het, nie sal aanbid nie.” • Verbaas en verdwaas sal hulle swyg van al hulle geskreeu en geraas. Hier is ’n kosbare ou koortjie: ”O, my siel wees bly, jou verlossing is naby, en die hemelse kleed sal jy dra, wees getrou en waak, hou jou klere rein, want die koms van die Here is naby.” Facebook: Jacques van der Hoven.
Posted on: Wed, 11 Sep 2013 13:27:48 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015