Wanneer alles om jou donker lyk – onthou net drie woorde …. - TopicsExpress



          

Wanneer alles om jou donker lyk – onthou net drie woorde …. MOENIE OPGEE NIE! Is die tonnel donker? – Moenie omdraai nie. Is die pad lank? – Moenie gaan sit nie. Is die nag swart? – Moenie tou opgooi nie. God se oë is op jou. Wie weet, dalk sê Hy op hierdie oomblik ‘n engel aan om jou klip weg te rol! Dalk is die tjek in die pos. Dalk is die verskoning op pad. Dalk lê die kontrak op jou lessenaar. Moenie opgee nie, want as jy dit doen, gaan jy dalk nie die antwoord op jou gebede ontvang nie. God is nog steeds die Een wat engele stuur! God is nog steeds die Een wat klippe wegrol! Seenwense!
Posted on: Sat, 31 Aug 2013 08:16:44 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015