Wat my ma my geleer het... Ma het my geleer hoe om te bid: Jy - TopicsExpress



          

Wat my ma my geleer het... Ma het my geleer hoe om te bid: Jy moet bid dat daardie kol op die mat uit is as ek vanaand by die huis kom Sy het my geleer van time travel: Ek sal jou tot in volgende week in klap! Sy het my geleer pas is slimmer en ryker as mas: Gaan vra jou pa! Sy het my geleer oor plantkunde: Lyk dit vir jou of geld op my rug groei? Sy het my geleer om altyd nederig en klein te wees: Mannetjie !!! Sy het my van die weer geleer: Dit lyk of n dekselse orkaan jou kamer getref het! Sy het my geleer van fauna en flora: Moenie vir my vertel perredinges is vye nie! Sy het my geleer om myself te ontdek: Hou op om jou soos jou pa te gedra! Sy het my die wetenskap van osmose geleer: Hou jou mond en eet jou kos! Sy het my geleer van uithouvermoë: Jy sal by daardie tafel sit totdat jy jou spinasie opgeëet het! Sy het my geleer van sintuie: Kinners word gesien en nie gehoor nie! Sy het my geleer van humor: Hou aan lag, dan gee ek jou iets om oor te huil ook! Sy het my van jaloesie geleer: Daar is duisende arm kinnertjies wat ouers soos joune begeer! Sy het geleer dat daar n plek en n tyd vir alles is: As julle mekaar wil vermoor, gaan doen dit buite! Ekt nou net hier skoongemaak! Sy het my wiskunde geleer: Sit jy alweer en tanne tel! Sy het my logika geleer: Want ek sê so, dis hoekom! Sy het my geleer dat wonderwerke nog kan gebeur: Ek sal jou klap dat jy jou antie vir n eendvoël aansien as jy my weer terugantwoord!
Posted on: Fri, 25 Oct 2013 16:54:29 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015