Woord van die dag: Die Troebadoer. Troebadoer is die benaming vir - TopicsExpress



          

Woord van die dag: Die Troebadoer. Troebadoer is die benaming vir die middeleeuse digter-sanger-voordragkunstenaar. Die troebadoers het in die middeleeue die rol van vertolker vir die volk vervul, want die boekdrukkuns het nog nie bestaan nie. Hulle het dus as leser vir die volk opgetree. Die troebadoers het hulle kuns van 1100 tot 1350 aan die adellike howe dwarsoor Europa beoefen, maar veral in Suid-Frankryk, Spanje en Italië. In Provence is hulle troubadours genoem, in Noord-Frankryk trouvères, in Duitsland Minnesänger en in die Nederlande minstreels.
Posted on: Tue, 27 Aug 2013 17:22:04 +0000

Recently Viewed Topics




© 2015