aksie soos dit tans toegepas word, was nie deel van die bedoeling - TopicsExpress



          

aksie soos dit tans toegepas word, was nie deel van die bedoeling van die ooreenkoms wat iin 1994 spesifiek tussen die toentertydse regerende party, die NP, en die ANC bereik is nie. Só sê Pik Botha, die voormalige minister van buitelandse sake wat Donderdag aan ‘n debat oor regstellende aksie in Pretoria deelgeneem het. Oudminister Pik Botha Ander paneellede by die gesprek oor die plek van regstellende aksie in Suid-Afrika was Rabelani Dagadi van Wits se sakeskool in Johannesburg en dr Dirk Hermann, die hoof- uitvoerende beampte van die Solidariteitbeweging. Volgens Botha het die ANC die ooreenkoms wat in 1994 bereik is, verbreek. Hy is ook duidelik dié mening toegedaan in Hermann se jongste boek: Regstellende trane: Waarom verteenwoordigendheid nie gelykheid is nie (Kraal-uitgewers). Hy meen dat ‘n nuwe grondwetlike bedeling in Suid-Afrika onmoontlik sou gewees het, sou die ANC destyds daarop aangedring het dat die Wet op gelyke indiensneming en die wyse waarop dit toegepas word, deel van die grondwet gemaak word. Hy wys daarop dat die bedoeling gedurende die onderhandelings was om die ongelykhede en onregte wat deur apartheid veroorsaak is, reg te stel. “Maar ons het nie ooreengekom om onregte van die verlede reg te stel deur nuwe onregte in die hede te skep nie,” verduidelik Botha. “Diskriminasie teen blanke jongmense wat niks met apartheid te make had nie, was beslis nie deel van die ooreenkoms tussen die NP en die ANC nie; nog minder was diskriminasie in die algemeen teen blankes, kleurlinge of Indiërs,” gaan Botha voort. “Trouens, die ANC se kwota-obsessie kom op die verwerping van opgeleide mense neer wat ruimskoots tot die opleiding van swartmense kan bydra. Die boemerangeffek van die Wet op gelyke indiensneming is dat groot hoeveelhede swartmense steeds onopgelei en werkloos is, en dat die land se ekonomiese vooruitgang erg deur die tekort aan vaardighede gekortwiek word – wat miljoene meer swartmense as blankes raak.” Botha is van mening dat “spontane, informele dog diepgaande gesprekke tussen lede van alle rasse” nodig is om oor die toekoms saam te stem. Willem De Jager Dink hierdie ou sot werklik wat hy se of dink gaan enige verskil maak behalwe om te beklemtoon hoe onnosel hy en sy trawante was toe hulle ons aan die Anglo-Amerikaanse/ANC alliansie uitgelwer het? As hy enige snars waardigheid oorgehad het dan sou hy voorstel dat ‘n vuurpelleton hom van kant maak. . JohannSchutte Pik Botha en die res van die NP leierskap is herhaaldelik deur Treurnicht, Hartzenberg, Marais en baie ander gewaarsku teen die onvermydelike gevolge van hul politieke rigting. Die konserwatiewe opposisie het die gevolge konkreet, luidkeels en akkuraat voorspel. Ek het meer toleransie vir Tsafendas, as vir hierdie teatrale (‘waar-is-jou-kaart?’) nar. Gas Arme sot deur sy dranknewels en FW se muisneste van destyds kon hulle nie sien hoe Mandela en sy neo-marxistiese kronies die vyand gespeel het nie (Playing the enemy/Invictus – Lui daar ‘n klokkie?) Miskien moet hy vir hom Koot Jonker se boek Vegters teen Politiekie Boelies aanskaf en lees wat behoudende swart en wit Suid-Afrikaners van sy en die ANC se planne gedink het.
Posted on: Sun, 18 Aug 2013 06:08:14 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015