fietsvandiejaar myfiets.co.za Nuwe 1200GS is die Fiets van die - TopicsExpress



          

fietsvandiejaar myfiets.co.za Nuwe 1200GS is die Fiets van die Jaar! Die nuwe waterverkoelde BMW R1200 GS is by vanjaar se AMiD-skou aangewys as die wenner van die eerste Pirelli SA Fiets van die Jaar Die kompetisie is georganiseer deur Mat Durrans en Harry Fisher van The Bike Show en 13 lede van die Suid-Afrikaanse motorfietsmedia en professionele motorfietsryers het 16 motorfietse onder hande gehad om te besluit watter een die kroon gaan dra. Al die finaliste is in die 2013-modeljaar bekendgestel en die invoerders kon modelle nomineer vir die kompetisie. DAlhoewel dit dalk onregverdig lyk om ’n KTM 1190 Adventure met ’n Triumph Daytona 675R en ’n Suzuki GW250 Inazuma te vergelyk, is elke fiets op sy eie meriete beoordeel en ook teen vorige weergawes van die fiets en nie teen enige ander fiets in die kompetisie nie. Die beoordeelaars moes elkeen hulle ses top fietse in volgorde lys en punte is as volg toegeken: 10 vir eerste plek, 6 vir tweede plek, 4 vir derde plek, 3 vir vierde plek, 2 vir vyfde plek en 1 vir sesde plek. Die tellings is toe bymekaargetel om ’n wenner aan te kondig. Die fietse is oor twee dae beoordeel in Gauteng. Die eerste dag was by die Midvaal-renbaan, maar die idee was nie om te sien hoe vining die fietse om die baan kon jaag nie, maar om ’n beheerde, veilige omgewing te kry waar die beoordeelaars al die fietse oor dieselfde oppervlak kon toets. Op die tweede dag is die fietse op die ooppad van Die 16 finaliste was: Triumph Trophy SE Triumph Daytona 675R BMW R1200GS (waterverkoel) KTM 1190 Adventure MV Agusta Brutale 800 Kawasaki Z800 Aprilia Caponord 1200 Moto Guzzi California 1400 Suzuki Inazuma 250 Honda Integra DCT Honda NC700 DCT Yamaha FJR1300 Yamaha XJ6 Diversion Victory Boardwalk Hyosung 650GT Benelli 600. die Vaaldam na Magaliesburg gery, waar ’n 10km sirkelroete gebruik is vir verdere toetse. Die KTM 1190 Adventure het die tweede plek behaal en die Triumph Daytona 675R die derde plek. Die MV Agusta Brutale 800, Kawasaki Z800 en Moto Guzzi California 1400 het die top ses plekke Daar is geen twyfel dat die uitslag heelwat debat sal uitlok nie, maar dit behoort ook mense aan die praat te kry oor motorfietse in Suid-Afrika volgemaak. Die stryd om die eerste plek was naelskraap tussen die BMW en die KTM en is eers beslis toe die laaste stem uitgebring is. Pirelli en die organiseerders en beoordeelaars het BMW gelukgewens met die oorwinning. “Daar is geen twyfel dat die uitslag heelwat debat sal uitlok nie, maar dit behoort ook mense aan die praat te kry oor motorfietse in Suid-Afrika,” sê Durrans. “Hierdie gaan ’n jaarlikse gebeurtenis wees en ons is reeds ver gevorder met die beplanning vir die 2014-kompetisie.”
Posted on: Mon, 26 Aug 2013 20:41:10 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015