just posted this comment on rapport.co.za: Max val potsierlik - TopicsExpress



          

just posted this comment on rapport.co.za: Max val potsierlik weer in die gat: Hy mik sy wrewel summier op die verwarde en misplaasde Afrikaners, eerder as op die werklike gebreke in die swart Afrika waarde-gedrewe inploffing na hul magsoorname. Hy gaan in liriese balades oor Mandela se deugde, wat so enorm is dat dit hierdie selfde verwarde wittes laat glo dat hy anders is as ander swartes. Om die hele drogredenasie kort en kragtig die nek om te draai: Mense se ware karakter en die mate waartoe hulle bereid is om vir hul gewaande of werklike waardes op te staan, word eers werklik getoets, nie wanneer jy die arme, verontregde, edele verdrukte is nie, maar wanneer jy die ongebreidelde mag in jou hand het. Die Mandelas, die Tambos, die Bikos: hulle het swaar gely omdat hulle opgestaan het teen die onderdrukkers van hul eie mense en ras. Dit het hulle (onregverdiglik!) die vals glans van heiligheid gegee. Maar dit was NIE die werklike toets vir karakter, waardes en konsekwente kwaliteit nie. Daardie toets het begin die dag toe die ANC met `n tweederdemeerderheid begin regeer het. Waar, o waar, was die heilige Mandela se onverskrokke en ongekwalifiseerde verdoeming, toe sy struggle kameraad noord van ons, duisende boere van hulle eiendom, meesal aangekoop na onafhanklikheid in `n bevryde Zimbabwe, brutaal verdryf het bloot op grond van hul velkleur? Waar, o waar, was sy heiligheid, toe die ANC begin het om skaamteloos die staatskas te plunder ala tipies post-uhuru piesangrepubliek styl? (Sien deel 2) Read the full article:
Posted on: Sun, 07 Jul 2013 03:09:34 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015