n Jongman wat graag ‘n verjaardagpresent vir sy nooi wou koop, - TopicsExpress



          

n Jongman wat graag ‘n verjaardagpresent vir sy nooi wou koop, het sy suster saamgeneem, om hom te help om die regte persent te koop. Sy kies toe ‘n paar handskoene wat hy vir sy meisie koop. Die suster koop toe vir haarself ‘n paar broekies. Die meisie in die winkel maak toe ‘n foutjie. Sy ruil die twee pakkies per abuis om. Die meisie kry toe die handskoene, en die arme ou, kry die broekies wat hy gaan pos met die briefie wat as volg lees. Liefste Isabella, Ek stuur vir jou die brief en die persentjie, om jou te wys dat ek nie jou verjaarsdag vergeet het nie. Ek het gedink jy sal daarvan hou, want ek het gesien jy trek nooit sulke goed aan as ons uitgaan nie, en dit is nou koud in die aande. Ek het die dame in die winkel dit laat aanpas, en sy lyk baie mooi daarmee. Sy het my ‘n paar gewys wat sy al twee jaar dra en dit makeer nog steeds niks. Ek wou eers die langes koop, maar my suster sê die kortes is beter, want dit is makliker om ‘n vinger in te kry. EK wens ek kon dit die eerste keer vir jou aantrek. Truitjie, die meisie in die winkel sê, as jy dit uittrek, moet jy altyd bietjie daarin blaas, want dit sal ‘n bietjie klam wees van die sweet, en dit mag later onaangenaam ruik. Sy sê, sy gooi altyd bietjie lyfpoeier in hare wanneer sy dit uittrek. Ek hoop jy sal daarvan hou. Met Liefde. Manie......
Posted on: Tue, 15 Oct 2013 18:46:33 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015