n Man wat voel hy het sy plek aan die hoof van sy huis verloor - TopicsExpress



          

n Man wat voel hy het sy plek aan die hoof van sy huis verloor gaan koop vir hom een van daai self-help boeke met die titel Die Hoof van jou huis. Na hy die boek gelees het, stap hy heel vol vertroue by die sitkamer in.... Vrou, van nou af is ek die hoof van hierdie huis, vertel hy haar terwyl sy sit en Egoli kyk. Jy gaan nou opstaan en vir ons n lekker maaltyd voorberei, na ete gaan jy die skottelgoed was en vir my n lekker warm bad intap. As ek uit die bad uitklim verwag ek my nagklere klaar uitgesit op die bed en die bed mooi netjies skoon oorgetrek. More oggend as ek opstaan soek ek my ontbyt reg en as ek klaar geeët het, weet jy wie gaan my klere aantrek en my hare vir my kam? Sy kyk ongeërgd op en sê, Die mense van AVBOB?
Posted on: Thu, 07 Nov 2013 14:41:05 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015