n Paar jaar gelede was dit hoogmode om n famiiegalery van - TopicsExpress



          

n Paar jaar gelede was dit hoogmode om n famiiegalery van portrette teen n muur of mure in jou huis te hang. Ek het tot groot uiterstes gegaan om fotos van onbekende voorsate te kry en het baie Mandelas betaal om dit professioneel te laat raam. Nou is hierdie neiging lankal nie meer mode nie en lê die stok-ou oorlede familie en die nuwer geslag - dood en lewend alles netjies in bokse verpak in my stoorkamertjie. Wat gaan van julle word? Dis nou wat ek vroegmore lê en dink terwyl ek myself dwing om n bietjie langer in die bed te lê. Laasgenoemde is self n moeilike proses, want as ek wakker is wil ek aan die gang kom. As ek die dag nie meer daar is nie en die nageslag moet n plan maak met my besittings, sal hulle nie weet herwaarts of derwaarts met die klomp portrette nie. Hulle sal behalwe vir die familie wat deel was van hulle grootwordproses nie eers weet watter kant van die familie se gesigte na hulle staar as hulle die bokse uitpak nie. Gelukkig sal dit nie my worries wees nie. As dit spulletjie op die ashoop land, sal die ashoopkrappers buitendien ook nie weet wie die ou spulletjie is nie.
Posted on: Wed, 23 Oct 2013 05:18:14 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015