n dringende NOTA...... n moet lees... Verkeersbeamptes mag - TopicsExpress



          

n dringende NOTA...... n moet lees... Verkeersbeamptes mag motoriste nie weens agterstallige Aarto-boetes arresteer of eis dat hulle dadelik by ’n padversperring betaal nie. Boetes moet ook per geregistreerde pos gestuur word, het Ben Martins, minister van vervoer, vandeesweek in ’n parlementêre antwoord aan adv. Anton Alberts van die VF+ gesê. “Enige ander vorm van betekening maak die proses onwettig en die boete onbetaalbaar,” het Alberts gesê. “Die effek hiervan is dat almal wat betaal het sonder behoorlike betekening hul geld kan terugeis.” Die minister het ook bevestig ingevolge art. 20 van die Wet op die Administratiewe Beregting van Padverkeersoortredings (Aarto) mag geen motorlisensie teruggehou sonder dat die korrekte prosedure gevolg is nie. Dit kan net gebeur nadat die Padverkeersmisdryfagentskap (RTIA) ’n afdwingingsbevel uitgereik het. Martins het dit in sy antwoord ook duidelik gestel dat niemand weens uitstaande Aarto-boetes gearresteer kan word nie. “Daarom is die voorkeer en aanhouding van motoriste by veral padblokkades weens uitstaande Aarto-boetes onwettig en moet mense wat só gedwing word om boetes te betaal, eise vir onregmatige arrestasie instel en hul betalings terugeis.” ’n Sakevrou van Alberton het die hooggeregshof in Johannesburg vroeër vandeesweek genader om die Johannesburgse metropolisie (JMPD) te beveel om die wet na te kom. Verskeie klagtes oor die administratiewe las van Aarto, wat tans net in Johannesburg en Pretoria van toepassing is, is ook by die openbare beskermer ingedien. Howard Dembovsky, voorsitter van Justice Project South Africa, wou gister weet: “Hoekom word die JMPD steeds toegelaat word om strydig met die wet op te tree?” Hy en Alberts het ’n beroep gedoen op motoriste wat wel sulke boetes by padversperrings betaal het om klagte daaroor by die JMPD in te dien. Vroeër vanjaar het die JMPD gesê hulle stuur sekere boetes met gewone pos weens die hoë koste. In Augustus het hul ’n vertoë aan die minister gerig oor die administratiewe las van Aarto. Hoofsupt. Wayne Minnaar, JMPD-woordvoerder, het gesê die minister se antwoord maak nie spesifiek melding van die JMPD nie. “Ons het nog nie instruksies van die minister ontvang nie.” Op vraag of hulle gaan voortgaan om sekere boetes per gewone pos te stuur, wou hy nie kommentaar lewer nie omdat dié saak tans voor die hof is.
Posted on: Tue, 09 Jul 2013 20:44:59 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015