DIE GROOT PIRAMIDE VAN EGIPTE – OORSPRONKLIK ‘N KRAGSENTRALE ? - TopicsExpress



          

DIE GROOT PIRAMIDE VAN EGIPTE – OORSPRONKLIK ‘N KRAGSENTRALE ? Egiptoloë gaan van die staanspoor af uit dat die Piramides grafkelders is. Monumente wat gebou was vir die Farao’s en ander hooggeplaastes uit die verskillende Egiptiese dinastieë. Veral die huidige Egiptiese, Egiptoloë wat so graag van hul kamele se rûe af vir die wêreld wil wysmaak dat hulle voorouers die bouers van die drie groot piramides en die Sfinks was... Maar, soos met soveel van die beweerde gebeure rondom, en in die sandduine van die Midde Ooste, en die ‘Bybelse geweste’, gaan die insigte en navorsing metodiek van die westerse intellek hul heeltemal verby en heeltemal oor. Die modder plakkers en kameel jokkies van vandag moes darem teen hierdie tyd baie beter gedoen het as dit kwansuis hul voorouers was wat al die tempels en dinge gebou het. Kyk maar wie bou Dubai vandag vir die Arabiere – dit is allermins die manne van togas en sandale – dit is die manne van skoene, langbroeke en veters – die afstammelinge van die Kelte en die Germane! Iemand anders het die piramides gebou, en vir heeltemal ander redes as wat die Arabiese gids tot die verstommende vermaak van die grootoog onkundige toeriste, aanspraak op maak. Maar kom ons staan dan so bietjie stil by die grafkelder cum kragsentrale... kom ons gaan ski-fi so bietjie! Daar word beweer dat die enorme piramide vir Koning Khufu gebou is – dit is sy “grafkelder” sê die Egiptoloë. Sy ander naam is Cheops, en vandaar die meer bekende benaming as die Piramide van Cheops. Cheops het in ongeveer 2580 VC regeer en alle aanduidings is dat hy vir plus minus 26 jaar regeer het. Dit beteken dat die piramide van Cheops dan in maksimum 26 jaar gebou is. Dit is ook bekend dat Khufu gladnie baie slawe gehad het nie, en die konvensionele Egiptoloë beweer dat Khufu in die seisoene wanneer die Nyl in vloed was en baie van die landbouers nie die grond kon bewerk nie, die Nyl-boere deur middel van ‘n ‘staat opdrag’ kommandeer het om die groot piramide te bou. Dit is presies hier waar die ‘konvensionele weergawe’ vashaak. Die piramide was oorspronklik heeltemal toegebou. Daar was absoluut geen opening of ingang na die binnekant van die piramide nie. Die eerste argeoloë wat die Cheops Piramide wou binnegaan, moes ‘n opening met dinamiet uitskiet!. Wat hulle daarbinne gevind het was alles behalwe enige sweem van ‘n veronderstelling dat dit ooit ‘n grafkelder kon wees. Daar is geen mummie gevind nie en ook geen inskripsies van enige aard, behalwe ‘n enkele blokkie graffiti met Khufu se naam wat aandui dat latere arbeiders of ‘besoekers’ dit uitgekrap het. Hierdie graffiti is ‘toevallig’ baie jare na die toetrede eers ontdek, en dit kom gladnie voor in die styl en manier wat die Egiptenare elders vir so ‘n rede gebruik het nie! Wat hulle wel gevind het was ‘n intrinsieke labirint van skuins, nou gange van verskillende groottes, wat gelei het na twee vertrekke wat bokant mekaar is. Indien mens na ‘n deursnee skets van die uiteensetting van hierdie tonnels en twee vertrekke sou kyk, dan lyk dit eerder op die oog af, na ‘n ingewikkelde kanaal of pyplyn-stelsel tussen die twee vertrekke, as wat dit enigsins lyk na gange waarin daar beweeg moet word na die vertrekke. Twee van die tonnels is in elk geval heeltemal te klein vir enige iemand om in te beweeg laat alleen vir die persoon wat dit uit die graniet moes kap of bytel! Die Piramide van Cheops bestaan uit twee miljoen driehonderd duisend gesnede rotse wat 481 voet hoog op mekaar gepak is. Die basis van die piramide is in ou terme, dertien vierkante Akker groot – vier groot katedrale kan gerieflik daarin pas. Indien mens ‘n satelliet of lugfoto van hoog, direk bokant die spits van die piramide neem, sal mens vind dat die spits slegs ‘n kwartduim afwyk van die middel van die basis – dít, in hedendaagse terme, is feitelik onmoontlik om te vermag. Dat daar van onder af begin is en opgebou is na die spits deur die plasing van twee miljoen driehonderd duisend blokke op mekaar en dat daar aan die einde van die dag, slegs ‘n kwartduim afwyking is - nogal met blokke wat gekap is met die sogenaamde koper en ander kap-gereedskap en instrumente wat die Egiptoloë wil beweer die bouers gebruik het – is heeltemal onmoontlik. Indien die landbouers oftewel die Nyl-boere buitendien die taak moes verrig, moet die kontemporêr-populêre teorie meer ernstig en logies-krities bekyk word... Indien hulle ononderbroke sewe dae ‘n week, tien ure elke dag, vir 365 dae gewerk het, moes hulle een rots elke twee minute op mekaar plaas. Maar, indien dit gedoen is in die ‘vakansietyd’ van die landbouers, wat drie maande ‘n jaar is, en hulle moes dit in die dinastiese tydperk van Khufu doen, soos die konvensionele Egiptoloë beweer, moes hulle een blok elke twee sekondes op mekaar vplaas. Dit, terwyl die ligste van die blokke so swaar soos twee gewone voertuie weeg. Sommige van die blokke weeg meer as dertig ton. Ons weet baie goed uit die eksakte argeologie dat die sogenaamde Egiptenare dwarsdeur al die dinastieë, uiters noukeurig te werk gegaan het om bykans alles op te teken wat hulle self alledaags gedoen het. Daar is byvoorbeeld skinder-hiërogliewe oor seks kapperjolle, en selfs aanduidings van wie die beste eend braaier was. Maar, nêrens tussen die honderde duisende hiërogliewe is daar enige melding of aanduiding van die bou van die piramide nie. Kan dit wees, wil ek vra, dat hulle ‘n knippie in die koelte van ‘n oase kan onthou maar so ‘n enorme en uiters belangrike en uitgerekte projek vir so ‘n belangrike koning van die dag vergeet het? Enige iemand kan gaan oplees oor die ongekende briljantheid van Nikola Tesla. Hy het baanbrekerswerk gedoen in die veld van elektriese en veral ‘alternatiewe’ energie. Tesla se uitvindings was baie duidelik ‘n groot gevaar vir die geld magnate wat hul rykdom in die verskaffing van energie aan die mensdom gehad het. Tesla was nie net ‘n meesterbrein met betrekking tot energie nie, maar veral ook met gravitasie en ‘n kombinasie van die twee. Hy het gelag gemaak van Einstein se teorie van relatiwiteit – sy uitgangspunt dat: “...There is no energy in matter other than received from the environment...” was die grondslag van die ‘wye moontlikhede’ waarin hy gedelf het. Hy was die vader van ‘n rewolusionêre veld, nie ‘n dief soos Einsten met relatiwiteit nie. Tesla het dit sy lewenstaak gemaak om gratis energie aan die hele wêreld te verskaf. As jong man het hy vir Sir Isaac Newton ore aangesit en was sy uitvindsels so ‘n gevaar vir die Jood J.P. Morgan se monopolie van elektriese drade, dat sy laboratorium mat al sy dokumentasie en uitvindsels baie raaiselagtig afgebrand het kort nadat hy sy draadlose krag verspreiding aan Morgan, wat uiteraard aanvanklike finansier was, voorgelê het. Tesla het bewys dat energie gratis uit die aarde en atmosfeer getrek kon word, dat dit opgewen kon word en weer na die atmosfeer uitgestuur kon word om opgevang te word deur reseptors (torings) wat oral oor die aarde geplaas is... Tesla se belangrikste uitvindsels is verdoesel en versteek, maar... die Nazi’s het hom geglo en verder daarop gebou en navorsing daarmee gedoen... So, waarom het Hitler dan ‘n span wetenskaplikes na die piramide van Cheops gestuur? Ons behoort te weet dat die bou van die piramide nie aan die hand van die lapkoppe van die tyd was nie. Daar is genoegsame klinkklare en tasbare aspekte wat aandui dat daar meer agter die samestelling van die piramide steek as wat die konvensionele vir ons voorhou. Enige Egiptoloog of argeoloog wat ‘n tesis oor die bou van die piramide saamstel wat afwyk van die konvensionele, sal nooit ‘n doktoraal toegestaan word nie! Sedert ‘n paar Engelse Argeoloë aan die einde van die sewentiende eeu die teorie gebring het dat die piramide gebou is deur die rotse op boomstompe deur die woestynsand aan te rol en op mekaar te pak met primitiewe hys apparate, het die teorie feit geword - Word ons kinders dit van skool tot skool vertel, en kniehalter die gedagte die mensdom se visie aan die konvensionele vas. Soos met Tesla se voorgenome torings vorm die piramide deel van ‘n reeks monumente wat dwarsoor die wêreld te vinde is en wat nou reeds onomwonde bewys is, ‘n verwantskap met mekaar het. Die reeds vasgestelde verwantskappe dui duidelik aan dat bykans al die piramides dwarsoor die aarde deur dieselfde beskawing met dieselfde doelstellings gebou is. Die liggings van hierdie ‘monumente’ toon duidelik aan dat elk geplaas is met ‘n sekere verwantskap tot die posisie van die sterre, maar spesifiek dat die bouers oor ‘n gevorderde kennis van die sterrekunde beskik het; en veral oor die rotasie van die sterre en hemelliggame wat oor duisende jare strek. Die bouers van die piramide moes data oor die antieke bewegings van die sterre gehad het wat bekom moes word deur metodes wat selfs ons met vandag se tegnologie moeilik vind om uit te werk. Iemand anders as die Egiptenare soos ons hulle ken het die piramides gebou en verseker vir heeltemal ander redes as wat aanvanklik gemeen word. Soos ek in deel een van my skryf stuk ‘Geheime Alternatiewe Energie...’ genoem het, is daar baie duidelike bewyse dat hidroliese en sterk kragaangedrewe masjinerie gebruik is om die graniet binne die piramide te verwerk, te boor en te sny. Waar het die krag vandaan gekom? Die dimensies en akkuraatheid van die snitte in die graniet is met so ‘n meetkundige presiesheid gedoen dat dit onomwonde slegs deur ‘n meganiese proses gedoen kon word... Baie insiggewend, is die dimensionele en geometriese verwantskap tussen die aarde en die piramide. ‘n Piramiedese duim is .001 duim groter as ‘n Britse duim. Daar is vyf en twintig piramiedese duime in ‘n elmaat, en daar is 365.24 elmate in die vierkante basis van die piramide. Daar is 365.24 dae in die kalenderjaar. Een piramiedese duim is gelykstaande aan 1/500 miljoenste van die aardas se rotasie. Dit impliseer dat die bouers van die piramide nie net bewus was van die dimensies van die planeet nie, maar dat hulle hul maat sisteem daarop baseer het. Wat nog verder verbasend van die piramide is, is dat hoewel dit in vorm ‘n piramide is, dit geometries ‘n verstommende benadering tot die unieke meetkunde van ‘n sirkel het. Die hoogte van die piramide is verwant tot die oppervlak van sy basis, presies soos wat die radius van ‘n sirkel verwant tot sy omtrek is. Die piramide met ‘n helling van 51⁰ 51’ 14.3” het die waarde van pi in sy struktuur vasgevang! Daar is een ding waaruit enige kragsentrale dwarsoor die aarde van vandag bestaan en baie waarskynlik in die oertyd uit moes bestaan, en dit is die enormiteit van die struktuur ter wille van die voorsiening van krag. Die ander waarskynlikheid is die teenwoordigheid van water vir die produksie van stoom en vir afkoeling. Die Piramide is gebou boop ‘n enorme netwerk holtes en tonnels wat met mekaar verbind is en met water uit die Nyl gevul is. Hierdie water netwerk verkeer boonop onder redelike druk soos dit onophoudelik deur die Nyl gevoed word. Daar is ‘n alternatiewe energie uit die aarde waartoe ingetap kan word – ‘n energie veld wat die konvensionele tot vandag toe industrieel ignoreer het of misgekyk het. Dit is ‘n energie veld waar die akoestiese (klank) werkinge ‘n groot rol speel. Dit sluit in: die meganiese energie, termiese (hitte) energie, elektriese energie, magnetiese energie, atoom energie en chemiese energie; wat elk ‘n sterk verwantskap met klank het. Dit kom wetenskaplik daarop neer, dat die werkinge in die buik van die aarde onophoudelik klank genereer. Die klankgolwe wat derhalwe so genereer word is uit die aard van die saak ritmies verwant tot die vibrasie van die energie wat die golf skep en die digtheid van die materiaal waardeur dit vloei. Soos die hoorbare neurie of gons van ‘n elektriese motor wat teen 3600 rewolusies per sekonde loop. Maar, indien daardie motor se rewolusies sou verminder na een rewolusie elke 24 uur, soos in die geval van die aarde sal dit nie deur die mens gehoor kan word nie. So, die daaglikse fundamentele ‘pols’ van die aarde gaan geruisloos by ons verby. Indien die vibrasies deur byvoorbeeld die kwarts in die aarde gaan, genereer dit golwe wat bokant die mens se gehoor resoneer. Deur die werkinge in die buik van die aarde laat materiale wat onder drukking is sarsies ultrasoniese radiasie vry. Daar word in wetenskaplike kringe byvoorbeeld sterk spekuleer dat bolweerlig, gas is wat deur die elektrisiteit uit kwarts-draende rotse ioniseer is, soos byvoorbeeld graniet wat onder druk verkeer. ‘n Toestel dus, soos Tesla se toring, wat die vibrasies uit die aarde opvang, dit verwerk en gelei, sal ‘n gratis kragsentrale uit die hand van die ‘mag’ agter die sterre wees! Omdat energie inherent die pad vat waar die minste weerstand is, sal ‘n apparaat wat so ‘n weg skep, die meeste van die energie in daardie omgewing trek. Indien mens in ag neem dat die piramide wiskundig en meetkundig ‘n integrale getal van die aarde uitmaak, is dit gladnie so buitensporig of ski-fi-agtig om voor te hou dat die piramide in staat is om in harmoniese frekwensie met die fundamentele frekwensie van die aarde te vibreer nie. Die teorie dat die piramide derhalwe, gegewe die navorsing en fondse van verskeie artefakte daarin, ‘n kragsentrale was met die konings-vertrek as sentrale kragpunt, is heel haalbaar. Die piramide het die element wat sonkrag verskaf (waterstof), fasiliteer en deur die energie van die aarde met die van die heelal te verenig, vibrerende energie na mikrogolf energie omskep. Die piramide het wanneer dit in harmonie met die aarde vibreer het, ‘n koppel-wisselaar geword. Maar hierdie teorie maak nie net staat op aannames uit die dimensionele statistieke nie, intensiewe en toegewyde navorsing oor etlike jare vul daarby aan om ‘n legkaart van waarskynlikhede te vorm wat alles behalwe ski-fi vergrype uitmaak. Die tegniese uiteensetting van hoe die piramide as kragopwekker of wisselaar gewerk het is ‘n skryf stuk op sy eie en moet gedoen word in oorleg met ‘n insae of visuele beeld van die interne strukturele uiteensetting van die gange en twee vertrekke binne die piramide. Dit verg ‘n algehele aparte hoofstuk... Wat die leser in gedagte moet hou met onderwerpe soos hierdie, is dat ‘n legkaart gemeet word aan die hoeveelheid stukke wat inmekaar pas en tot mekaar verwant is. Die relatiwiteit van ‘n teorie kan ook nie summier verwerp word indien etlike aspekte die mens tot aandag roep nie. Wanneer ‘n teorie op hoogstens een of twee gegewens baseer word, kry mens ski-fi materiaal, maar wanneer daar etlike gegewens is wat uit uiteenlopende bronne en vlakke, ‘n moontlike geheel uitmaak; verg sodanige gegewens meer aandag as wat daar op die oppervlak gegee word... 1. Die piramide kon ongetwyfeld nie gebou word soos konvensioneel weergee en deur die mense van die tyd nie 2. Daar is duidelike tasbare bewyse dat die materiaal in die piramide masjineer is 3. Die dimensies en samestelling van die struktuur het tegnologiese vaardighede geverg wat selfs in vandag se tye onmoontlik is 4. Dit was hoegenaamd nie ‘n grafkelder nie 5. Daar is ‘n onbetwisbare konnotasie tussen die plasing van die piramide en ander soortgelyke monumente dwarsoor die wêreld 6. Die piramide dateer uit ‘n baie ouer tydperk as die tyd wat beweer word dit gebou is 7. Daar is geen teken van hoegenaamd enige gereedskap wat kwansuis gebruik sou wees om so ‘n enorme taak te vermag nie. 8. Baie van die goue artefakte wat gevind is, is vervaardig met dun goue plate wat slegs deur elektromagnetiese metodes vervaardig kon word. Geen gewone hand, hoe kunstig of vaardig ook al kon dit so beslaan nie... 9. Artefakte en wetenskaplike toetse en data wat binne die piramide gemaak en opgeneem is dui op chemiese en ander reaksies wat nie strook met die konvensionele teorie nie. 10.Geskiedkundige gebeure en navorsing met betrekking tot die aard en doel van die piramide strook met ander geskiedkundige gegewens en teorieë wat saamloop in ‘n geheel wat nie misken kan, of mag word nie... 11.‘n Eenvoudige eksperiment kan vandag enige tyd op die spits van die piramide gedoen word: Indien mens op die spits van die piramide gaan staan met ‘n glas bottel wat met nat lappe toegedraai is, is daar vonke in die bottel soos klein weerlig straaltjies. Word vervolg...
Posted on: Sun, 17 Nov 2013 00:54:44 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015