Deur Lunita Roth. MY LIEFDE SAL JOU BLY DRA … Juig en Jubel My - TopicsExpress



          

Deur Lunita Roth. MY LIEFDE SAL JOU BLY DRA … Juig en Jubel My skone dogter, want EK IS die Here jou God. Baie diep het Ek jou uitgehaal. My Liefde het jou opgetel, uitgelig, en My Bloed het jou skoon gewas, daarom is jy My Rein dogter. Binne in My sal jy altyd veilig en voorspoedig wees, want Ek spesialiseer in die onmoontlike. Jy is gevorm na My Beeld, en My Teenwoordigheid het jou hart kom omvou, sodat jy, wie gevorm is deur My Liefde,– elke dag tegemoet kan gaan met ‘n Jubel in jou hart. Alle vorms van mismoedigheid, hartseer, gebrokenheid en teleurstelling het Ek van jou af weg geneem. Selfs die gedagtes van ‘n gevoel van mislukking, het Ek weg geneem, sodat jou Vertroue in My kan bly groei. Ervaar hoe My Heilige Gees jou kom Verkwik, Versterk en Vrede herstel in jou hart. Ek is in beheer van elke tree van jou lewenspad. Die berge breek Ek vir jou af, die dieptes van die lewe kom vul ek op met Myself, sodat jou pad gelyk kan wees, en jou Blydskap Volkome kan wees in My. My dogter, Ek ken jou gedagtes van ver af, ja, nog voordat jy dink, weet Ek reeds … Vandag wil Ek net My Arms om jou kom plaas, en Ek wil jou styf vasdruk teen My Bors. Rus hier in My Teenwoordigheid My geliefde. My versekering aan jou vandag is dat Ek trek vir jou en jou gesin vooruit. Wees oor niks besorg nie. Ek is ten volle in beheer. Seeninge in dubbele mate skenk Ek aan jou My geliefde dogter. Laat My toe om in beheer te wees. My Liefde sal jou bly dra elke oomblik van elke dag, daarom kom gee Ek aan jou Krag, Wysheid en Insig, sodat jy altyd sal weet EK IS met jou en dat jy ‘n Hoopvolle toekoms sal tegemoet gaan. Bly in My, en Ek sal in jou bly, sodat ons altyd in eenheid sal saam wandel. Laat jou wortels verdiep sodat jy te alle tye in My Liefde gegrond en gevestig sal wees - sodat jy My sal ken – My hartklop sal ken – en jy My Stem sal onderskei van al die stemme wat in die wêreld is. Jy is My Beminde daarom sal My Liefde en Teenwoordigheid altyd met jou wees. Seenwense!
Posted on: Thu, 29 Aug 2013 12:12:48 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015