“Dit alles is die werk van God. Hy het ons deur Christus met - TopicsExpress



          

“Dit alles is die werk van God. Hy het ons deur Christus met Homself versoen en aan ons die bediening van die versoening toevertrou.” 2 KOR. 5:18 GOD IS LIEFDE Sonde, en die klem wat ons gedurig daarop plaas, het ons verblind vir die heerlike feit dat die lewende Christus altyd verby die sonde van die enkeling kyk om te sien wat die persoon kan word as hy die proses van Goddelike vergiffenis en reiniging deurgemaak het. Dit is moontlik om totaal onkundig te wees oor die potensiaal van ‘n sondaar. Dit is alleen deur die insig wat die Heilige Gees ons skenk, dat jy ‘n moontlike dissipel in elke sondaar kan sien. Dan begin jy om iets te verstaan van die misterie en diepte van Christus se begrip en herskeppende en verlossende liefde. Sonde is ‘n aaklige werklikheid en om dit te ontken, laat dit nie verdwyn nie. Andersyds behoort dit nooit van so ‘n oorweldigende belang te word dat dit God se liefde oorskadu en uit jou gedagtes verban nie. Die liefde van God wat in en deur Jesus Christus geopenbaar word, is die hoogste en mees onvoorwaardelike liefde. Dit is die liefde van Christus wat Hom uniek maak. Hy was in sy persoon liefde. In die Skrif ontdek ons die liefde van Christus in verskillende verskyningsvorme. Dit het ‘n toppunt bereik toe Hy aan die kruis gebid het vir hulle wat Hom daaraan vasgespyker het. Ten spyte van die skyn van die teendeel, is sy liefde nog ‘n wesenlike krag in die wereld van vandag. Selfs wanneer dit verwerp word, wag dit geduldig sodat dit gebruik kan word om orde te skep uit chaos; om vrede te bring waar daar haat is; en om stukkende lewes weer heel te maak. Die kreatiewe almag van God se liefde deur Jesus Christus is onbeperk. Ons moet as sy kinders slegs daarop aanspraak maak en dit in ons eie lewes tot openbaring laat kom!
Posted on: Wed, 19 Jun 2013 16:33:13 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015