Ek het hierdie resep iewers gekry en dit probeer en moet vir jou - TopicsExpress



          

Ek het hierdie resep iewers gekry en dit probeer en moet vir jou waarlik sê, dit is `n heerlike en maklike potjie om te maak. Kan in platbodem of driepoot pot gemaak word. Onthou net matige hitte. Bestandele: Vyf (5) Aartappels wat in skywe gesny is, nie te dik nie Vyf (5) Uie in ringe gesny Een (1) pak bevrore groenbone, wat nog bietie lengte het +/- 2kg skaapskenkels en kookvleis Aromat Maak `n vuurtjie of jy kan gas gebruik Metode: 1. Pak helfte van aartappels onder in pot 2. Pak helfte van uie op aartappels 3. Pak helfte van vleis op die uie 4. Gooi helfte van die pakkie groenbone op die vleis 5. Gooi Aromat oor vleis, sommer dat dit so lekker geel lê "Herhaal weer van aartappels af en eindig met die Aromat" totdat al jou bestandele klaar is. ONTHOU, DIE POT HET GEEN ANDER VLOEISTOF NODIG NIE, SO MOET NIKS BYVOEG NIE. Sit pot op kole of gas, ONTHOU, moet nie vreeslik warm wees nie. Moenie omroer nie. As jou boonste boontjies gaar is, is jou pot ondertoe ook gaar. Geniet, laat maar weet hoe julle dit vind. # Jannie
Posted on: Fri, 19 Jul 2013 11:08:39 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015