Goeie More Mensies Ons het n anonieme vraagie van een van ons FB - TopicsExpress



          

Goeie More Mensies Ons het n anonieme vraagie van een van ons FB Mensies, en hoop iemand van julle kan haar bietjie raad gee. Haar hartjie is verskriklik verpletterd. Anon: More Mensies.Ek sit al heel oggend en huil, ek voel of ek in 2 geskeur is, en of al die lewe binne my uitgeruk is. Ekt altyd my God gedien, en my lewe daarop probeer baseer.Maar, sekere dinge in my verlede was onverstaanbaar, ekt alles verloor van kind af. Ouers, familie, alles. Ekt ietwat deur n rebellese stadium gegaan as tiener, want ek was onverstaanbaar in n argument met God. Daardeur het ek foute begaan in my lewe, waarop ek vandag God se vergifnis gevra het. Ekt my lewe daarna gewei aan die Here, ek leef elke dag vir Hom, en my verlede het ek agter my laat lè. Maar, iets van daardie verlede het ek nogsteeds n pakkie, n kind. My lewe het ek deurgedra met my kindjie, met God. Maar, vandag word daardie ou paaie nogsteeds voor my gegooi asgevolg van kindjie. Ek word nog geassosieer met my pyne van die verlede deur ander mense, en dit begin my breek. Want ek werk my hele lewe saam God om kindjie reg groot te maak, soos God van my verwag. Maar elke dag moet ek herinner word aan die rebel wat ek was, ek voel of ek nooit gebore moes word nie, asof ek nooit gesien sal word as wie ek vandag is nie. Ek huil so voor God vanoggend, want ek is so moeg van die seer en pyn, dit verdruk my van binne. Hoekom sal ek nie gesien word vir wie ek vandag is nie? Ek vra God elke dag om hierdie pyn weg te vat van my, maar dit doen nie. Dit voel of my lewe n groot ramp is, en asof ek nooit hier moes wees nie. Hoekom kry ek nog hierdie pyn? (Ons het n reply aan anon gestuur, maar hoop julle het nog woordjies wat julle aan haar kan bied )
Posted on: Fri, 22 Nov 2013 09:07:09 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015