Hansie Smit MY VOORSIENER VERKLAAR saam met my: Die HERE het ‘n - TopicsExpress



          

Hansie Smit MY VOORSIENER VERKLAAR saam met my: Die HERE het ‘n spesiale PLAN en DOEL met my lewe. Ek is ‘n SPESIALE mens met besondere gawes en talente van die HERE ontvang. Ek ervaar Goddelike helderheid en RIGTING in my Gees en gemoed. Elke dag bring my nader aan die VERVULLING van my Goddelike DROME. Ek lewe met PASSIE en oorgawe. Strome ENERGIE vloei deur my are van kop tot tone. Die HERE VOORSIEN in al my behoeftes na die rykdom van Sy genade. Ek het nie net genoeg van alles nie … ek het MEER AS GENOEG. Ek ONTVANG in oorvloed, en ek SAAI in oorvloed. Ek is gebore om ‘n SEËN te wees vir baie mense op aarde. Alles wat ek is en het en doen, is tot VERHEERLIKING van ons Hemelse Vader! Ek GLO en VERKLAAR dit oor myself in JESUS Naam.
Posted on: Mon, 09 Sep 2013 13:30:34 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015