Hoeveel hofsake nog? Vandag , 4 September 2013 word die - TopicsExpress



          

Hoeveel hofsake nog? Vandag , 4 September 2013 word die dringendheid van ‘n hofaansoek wat gebring word deur Willem Kern (prokureur) Soutpansberg in die hooggeregshof beredeneer. Die kommissie het reeds hofsake aanhangig gemaak. Is vandag se hofsaak ook in antwoord op ‘n versoek van die KommAKV? Is broer Kern se bankbalans so stewig dat hy bereid is om die risiko te neem? Geen hofsaak se uitspraak is gewaarborg nie: Wen hy met koste, gaan die gemeente van Soutpansberg waarvan hy ‘n lidmaat is, skielik met ‘n groot finansiële las sit. Verloor hy met ‘n kostebevel, gaan ‘n enkel dag in die hof hom ‘n minimum van R200 000 kos. Teen hierdie koste- agtergrond moet gevra word of die kommissie besef hoeveel miljoene rande, komende van hardwerkende en getroue lidmate hulle op die spel plaas… Deel jul insette hier.
Posted on: Wed, 04 Sep 2013 09:24:52 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015