JESUS IS ALLES Sy Naam is bokant die aarde verhewe * Vir die - TopicsExpress



          

JESUS IS ALLES Sy Naam is bokant die aarde verhewe * Vir die skilder is Hy die algeheel lieflike * Vir die argitek is Hy die Hoeksteen * Vir die bakker is Hy die Lewende Brood * Vir die bioloog is Hy die Lewe * Vir die bouer is Hy die Vaste Fondament * Vir die dokter is Hy die Groot Geneesheer * Vir die boer is Hy die Here van die Oes * Vir die bloemis is Hy die Roos van Saron * Vir die geoloog is Hy die Rots * Vir die opleier is Hy die Groot Onderwyser * Vir die regter is Hy die Regter van alle mense * Vir die juwelier is Hy die kosbare Pêrel * Vir die prokureur is Hy die Wetgewer en Advokaat * Vir die tuinier is Hy die Ware Wynstok * Vir die koerantman is Hy die Tyding van groot blydskap vir almal * Vir die filosoof is Hy die Wysheid van God * Vir die prediker is Hy die Woord van God * Vir die beeldhouer is Hy die Lewende steen * Vir die student is Hy die Onbetwisbare Waarheid * Vir die dienskneg is Hy die Goeie Meester * Vir die staatsman is Hy Verlange van alle Nasies * Vir die teoloog is Hy die Skrywer van ons Geloof * Vir die reisiger is Hy die Nuwe en Lewende Weg * Vir die sondaar is Hy die lam van God wat ons van sonde verlos * Vir die Christen is Hy ALLES!!! ****** God sal Sy engele aangaande jou bevel gee om jou te bewaar op al jou weë. Hulle sal jou op die hande dra, sodat jy jou voet teen geen klip stamp nie. Op die leeu en die adder sal jy trap, die jong leeu en die slang vertrap, omdat Hy jou so liefhet. In lengte van dae sal God jou seën met die ewige lewe. In lengte van dae sal God jou seën met gesondheid. In lengte van dae sal God jou seën met baie liefde. In lengte van dae sal God jou seën met goeie finansies. In lengte van dae sal God jou seën met hope geluk en geen teenspoed. Al hierdie dinge sal God jou toevoeg, maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid. Mat 6:33♥♥♥
Posted on: Mon, 01 Jul 2013 13:23:37 +0000

Trending Topics



13 Hubble Telescope Sends Back Annoying Stream of

Recently Viewed Topics




© 2015