Kain en Abel was Afrikaans, daarvan is ek doodseker. Met - TopicsExpress



          

Kain en Abel was Afrikaans, daarvan is ek doodseker. Met broedertwis is niemand meer geslepe as ons nie. Lyk my soms ons Boere staan net saam wanneer dit teen ‘n vyand is - of dit nou katolieke of heidene is (die Sjinese is volgende, ons weet net nog nie), maar ‘n vyand moet ons voor hande kry of ons sal een skep. Gemeentes stig af oor klein geskille. Broers sal mekaar graf toe stry oor ‘n lappie grond, susters gluur mekaar in hofsale stukkend, kinders wis hul ouers melkend uit. Hel, dis swak. Ja, ek weet ons volk is nie al wat hieraan skuld het nie, maar ons lyk al te veel die wenspan met hierdie sport. En nee, ek meet my dae nie slegs aan skoon en vrome dade nie. Ek was ook al deel van vriendekringe wat mekaar aan’t skerwe skinder. Uit afguns en onkunde, wan-indrukke en selfbeheptheid. Michael Wacko Jackson het toenter iets gese soos: “No need to kill anyone. Just make them aware of their weaknesses, then sit back, and watch them selfdestruct.” Kan volke ook so selfvernietigend word? En slim aangehits word tot selfmoord? Soms dink ‘n mens dis met woorde soos Jackson s’n waarmee die Malema’s om braaivure staan en lag. Die ‘arme’ sanger het geweet waarvan hy praat. Selfverwoesting is ons grootste vyand. Gebrek aan deernis met mekaar en met onsself. Okay, genoeg nou. Genoeg van projeksie en venynige verkwaliking ook. Sunette Bridges se haatveldtog skep geen spangees nie, dit hits angs en selfvernietiging aan. Uitsigloosheid. Wie gaan ons leer: mens verenig nie net TEEN iets nie, maar moet eenvoudig leer om saam te staan VIR mekaar? Is dit hoe die Jode heel adresloos die aardbol ‘regeer’? Ha! As die kwaaie Kain geweet het hoe om rug teen rug met sy broer te staan, was ons paradys straks nog heel. Okay, okay. Sal nie gou weer koerantlees nie. ;-)
Posted on: Tue, 16 Jul 2013 10:28:18 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015