Vreeslik snaaks!! Kinders se vraestel antwoorde... * Nog - TopicsExpress



          

Vreeslik snaaks!! Kinders se vraestel antwoorde... * Nog ‘n belangrike uitvindsel was die bloedsomloop. Dit het verhoed dat jou bloed stilstaan, wat stilstuipe veroorsaak. * Egipteland was bewoon deur mummies en hulle het almal op hulle hero-gleuwe geskryf en vir hulle pappies gewys. Hulle het in die Sarah-woestyn gewoon en het waterbeurte gehad van die min reën.. Die klimaat was so erg dat al die inwoners op ander plekke gebly het, en net naweke huistoe gekom het om sandkastele te bou. Die boesmans het in hulle tuine gewerk. * Moses het die Hebreeuse slawe na die Rooi See gelei waar hulle ongesuurde brode gebak het, dit is brood wat sonder enige bestanddele gemaak is en baie soet is van te min suurdeeg. Moses het die berg Sianied uitgeklim om die tien gebooie te kry. * In die ou Olimpiese Spele het die Grieke kaal paal gespring, zol geswaai, en disnis gegooi. Hulle was ook lief vir budgie-jump, omdat daar niks anders was om te jump nie. * Johanna van Arkel het van ‘n stapel brandwonde gesterf. Hulle het haar met ‘n blaasbalk aan die brand gepomp, tot haar hare afrou geraak het van skrik. * Koningin Elizabeth was die “Maagdekoningin”. As ‘n koningin was sy ‘n sukses, maar nie as ‘n maagd nie. Sy het haar volk se probleme aangetrek. En was altyd mooi geklee. Hy het nooit geld gemaak nie, en is net beroemd oor die toneelstukke wat hy geskryf het. Hy het tragedies, komedies en historektomie geskryf. Romeo and Juliet is een voorbeeld. * Abraham Lincoln het Amerika se grootste presedent geword. Lincoln se ma is dood toe sy nog ‘n maagd was en hy is gebore in ‘n houthut wat hy met sy eie hande gebou het in die franse evolusie. * Johann Sebastiaan Bach het baie komposisies geken en het so ook baie kinders gehad. Hy is dood sedert 1750 tot vandag toe. Bach was die beroemdste komponis in die wêreld, amper soos HÃndel. HÃndel was half-Duits, half-Italiaans en half-Engels wat Hollangs gepraat het. * Beethoven het musiek geskryf al was hy doof. Hy was so doof dat hy harde musiek geskryf het. Hy het ver in die woude gaan loop selfs al het almal na hom geroep. Beethoven het in 1827 opgehou bestaan en dis hoekom hy later dood is. Hy het rooi hare by geboorte gehad toe noem sy ma hom Beethoven. Sy hare het egter na sy eerste bad heelwat verander. * Die Toekoek is ‘n voël wat nie haar eie eiers kan lê nie. * Parallelle lyne ontmoet mekaar nooit nie, tensy jy een of altwee van hulle buig. * ‘n Sirkel is ‘n lyn wat sy ander end ontmoet sonder om te end. Daarom is dit moeilik om sy end te kry. * Koolstofmonoksied is ‘n reuklose gas wat verskriklik stink. * Peter Stuyfgestaan is ‘n geskiedkundige figuur, want hy het sigarette uitgevind en begin rook. Hy het so baie gerook dat die niekoetien-kolle in sy onderbroek duidelik sigbaar was.
Posted on: Fri, 08 Nov 2013 08:24:56 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015