Vriendskap IS ... Vriendskap is iets wat gegee word, sonder dat - TopicsExpress



          

Vriendskap IS ... Vriendskap is iets wat gegee word, sonder dat dit gemeet word. Ware vriendskap is om iemand anders se behoeftes bo jou eie te stel. Dis om uit te reik na iemand anders, en om bereid te wees om op te offer. Vriendskap is vertroue, betroubaarheid en lojaliteit. Vriendskap IS NIE ... Vriendskap is nie goedkoop nie. Dis skaars en daarom kan ’n mens verwag om slegs ’n paar intieme, ware lojale vriende te hê wat jy volkome in jou vertroue kan neem. Spreuke 18:24 sê daarom: Maats kan jou breek, maar daar kan ook ’n vriend wees wat nader is as ’n broer. Vriendskap is ’n KEUSE Vriendskap, anders as familie, is ’n keuse – ’n mens kan kies met wie jy wil vriende wees. Iemand het gesê dat vriende die familie is wat ons kan kies. Jy deel jou drome, hoop, vrese en hartseer met hulle. Vriendskappe is sosiale verhoudings van onskatbare waarde, wat jou help ontwikkel en leiding gee langs die dikwels kronkelende pad van die lewe. Vriendskap vra TYD As jy daardie keuse gemaak het, moet jy dit egter ook so uitleef: deur aandag en tyd te gee aan ’n vriendskap, en bowenal om dáár te wees wanneer jou vriendin jou die dag nodig het. C.J. Langenhoven het ’n baie waar opmerking gemaak toe hy gesê het: Die ware vriendskap, nou, is nie te koop nie; want vriendskap vind nie sy lus in neem nie, maar in gee. Dit moet PRIORITEIT wees “Om toegewy te wees aan jou vriendskapsverhoudings beteken jy moet beskikbaar wees,” sê kliniese sielkundige, Steven Kaplan. “Nou.” Wanneer ’n vriendin byvoorbeeld voel dat jy nie regtig meer van haar bewus is nie, sal die vriendskap agteruitgaan. “Dit maak nie saak wat die aard van jul verhouding is nie, wys dat jy toegewy is aan die verhouding. Die persoon moet vir jou ’n prioriteit wees en jy moet wys dat jy haar waardeer.” WYS dat dit belangrik is ’n Goeie manier om te wys dat ’n verhouding vir jou belangrik is, is om stiptelik te wees. “As jy heeltyd laat is vir afsprake, wys dit vir haar dat iets anders in jou lewe altyd belangriker is as julle verhouding,” verduidelik Steven. So maak dit vandag jou missie om betyds te wees! Wanneer julle saam kuier, wees dáár. Moenie so gou as moontlik probeer wegkom omdat jy nog ’n duisend dinge het om te doen nie.jynetbeter.co.za/artikel/vriendskap-om-daar-te-wees-vir-mekaar
Posted on: Tue, 10 Sep 2013 06:38:00 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015